Algemeen
Die Klipkraal roete is geleë op die plase Rietfontein en Stryfontein in die Heidelberg distrik, 100km suid van Johannesburg.
’n Totaal van 35 stappers word toegelaat op die roete.
Al die roetes is dagstappe wat weer terugkeer na die onderskeie basiskampe.
Die roetes kan as maklik beskryf word.
Klimaat: Die klimaat is tipies Hoëveld met matig tot warm somersdae en matig tot koue wintersdae.
Fauna: Daar is meer as 17 soogdierspesies teenwoordig. Dit sluit in blesbok, springbok, steenbok, bontkwagga, swartwildebees, stokstert meerkat, rooijakkals, gewone duiker, grys ribbok en aardwolf.
Voëllewe: Meer as 110 spesies is al opgeteken. ’n Voëlmerklys is beskikbaar.
Flora: Hierdie streek is ’n voortsetting van die Suikerbosrand-reeks. Baie inheemse bome, struike en blomme word in hierdie gebied aangetref.
|