Aktiwiteite
Stap die Klipkraalroetes of bring bergfietse om op plaaspaaie te ry. Kano’s beskikbaar om op plaasdam te roei.
Daar is twee dagroetes:
PANORAMA(13km) en KRAAL(11km). Korter opsies is beskikbaar. Op die Panorama roete is ’n aansluiting tussen Letsa en Panorama wat die roete 7km maak. Die korter opsie op die Kraal roete is 7km met die aansluiting tussen Thaba Nyane en Steenbok. Die Noko-singel is 5km en is ideaal vir ’n middagstappie indien stappers vroeg arriveer of vir gaste wat in Kiepersol Kothuis of Bokmakierie hut tuisgaan.
Al die roetes is dagstappe wat weer terugkeer na die onderskeie basiskampe.
Die roetes kan as maklik beskryf word.
|